Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 23 AUGUSTUS 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie uitgawe van SARLNuus met ’n kennisgewing oor ’n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons verneem dat Piet Coetzee, ZS6NKA, Sondagoggend 16 Augustus baie skielik en onverwags oorlede is.

Ons betuig ons diepste meegevoel met sy vrou Petra, sy familie en vriende.

POUSE

In die nuus vandag.

DIE SEPTEMBER RADIO ZS SAL MORE BESKIKBAAR WEES

OM DEEL UIT TE MAAK VAN DIE INTERNASIONALE AMATEUR RADIO UNIE BEVORDER AMATEUR RADIO IN SUID-AFRIKA

en

SASOLBURG VIER 50 JAAR SE AMATEUR RADIO

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

** Die September 2015-uitgawe van Radio ZS sal van Maandag 24 Augustus beskikbaar wees vir aflaai vanaf die Liga se webwerf. In hierdie uitgawe, gee Ian, ZS6BTE, jou die planne om ’n drie-element Yagi vir 40,680 MHz te bou. Kevin, ZS6KMD, het nog twee projekte in sy Arduino kolom en Gail Hammond vertel ons van die Hammies ARK. Craig, NM4T, vertel meer van ’n motor gemonteerde mobiele werksplatform en Viv, ZS6VD, spog met sy Antenna Rotator Digital Readout projek. John, VE3IPS, speel amateur radio vanaf ’n piekniek tafel en Mike, ZS2FM, hou ons op datum oor nuus van BHF en hoër frekwensies. Daarbenewens, is daar meer in hierdie 40 bladsy uitgawe van Radio ZS.

As jy die Oktober Radio ZS wil ondersteun, stuur asseblief jou artikel teen 20 September en die redakteur sal poog om Radio ZS op die webwerf te hê teen 1 Oktober. Stuur jou artikel in Afrikaans of Engels na radiozs@sarl.org.za


** Om deel uit te maak van die Internasionale Amateur Radio Unie bevorder Amateur Radio in Suid-Afrika. Liga president Fritz Sutherland, ZS6SF, het gister tydens die Suid-Afrikaanse Radioliga se Amateur Radio in Aksie simposium by die Nasionale Amateur Radio Sentrum, gesê dat vir die Suid-Afrikaanse Radioliga om 'n lid van die Internasionale Amateur Radio Unie te wees, bevorder Amateur Radio in Suid Afrika.

Hy het gesê dat die regulering van die amateurradio stokperdjie in die internasionale sfeer beskerm word deur die interaksie van die IARU met die ITU en dat plaaslike regulasie grootliks die riglyne van die internasionale regulering volg. "Indien ons nie lede van die IARU is nie, sal die strawwe kompetisie vir hulpbronne in die radio kommunikasie bedryf binnekort die amateurs uit dwing. Jou radio's en ander toerusting sal interessante gesprek stukke word, maar nutteloos, soos motors sonder paaie, bote sonder water, rekenaars sonder sagteware of vuurwapens sonder ammunisie."

Die IARU bied ook ander dienste en verbeterings aan amateur radio; hulle is onder ander -

Die IARU Moniteringstelsel moniteer die amateur radio spektrum vir indringers of nie-amateur radio stasies wat uitsaai op die amateur radio frekwensies en neem stappe om die seine te verwyder uit amateur radio bande.

Die IARU Bakenprojek het 'n reeks radio bakens in verskeie dele van die wêreld, sodat amateur operateurs voortplanting patrone kan bepaal en deelneem aan voortplanting studies.

Die IARU borg die jaarlikse IARU HF Wêreld Kampioenskap Kompetisie. IARU lid-lande en IARU vrywilligers word aangemoedig om aan die kompetisie deel te neem om bewustheid van die IARU te bevorder.

Die ‘Worked All Continents’ toekenning is die oudste bedienings toekenning in amateur radio. Die basiese toekenning word verdien deur bevestigde kontak met die ses kontinentale gebiede van die wêreld.

Die IARU borg die Wêreld Amateuradio dag elke jaar in April. IARU lid-lande word aangemoedig om voordeel te trek uit hierdie spesiale dag deur amateurradio te bevorder in hul lande.

Om 'n lid van die Suid-Afrikaanse Radioliga te wees, beteken dat jy die stem van die IARU verhef en die verbetering van die kennis wat die wêreld van amateur radio het. Dit is in jou hande om aan te sluit by die Liga en die toekoms van Amateur Radio te ondersteun.

** Beurse vir Klas A RAE studente onder 25. Die Suid-Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelingstrust, as deel van die Tony Reumerman Beursfonds, het twee beurse beskikbaar vir studente onder 25 jaar oud om te studeer en vir die skryf van die Oktober Klas A Radioamateur eksamen. Die waarde van elke beurs is R1 000. Vir meer besonderhede en 'n aansoekvorm besoek www.amateurradio.org.za

** SARLNuus het ’n nota van Gert, ZS6GAS, ontvang om te sê dat Braam Devenier, ZS6AYE, sy DXCC en Worked All Continents toekennings vir 6 meter verwerf het. Verder is Braam ook die houer van ’n meteor scatter rekord met 'n afstand van 2 011 km met die Comoros eilande en ’n F2 Laag rekord via lang pad voortplanting met E51CG oor 'n afstand van 25 312 km. Braam, baie geluk met jou ses meter prestasies.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Radioliga is tans 1 371 lede en 38 geaffilieerde klubs

** Die Sasolburg ARK vier 50 jaar se Amateur Radio op 5 September 2015. Die tyd raak min! Die 50 Jaar Amateur Radio Fees wat 5 September 2015 gaan plaasvind kom daagliks nader! Het jy al die klub gekontak via zs4srk@gmail.com om uit te vind hoe jy deel van hierdie geskiedkundige geleentheid gaan word?

** Die voorlopige uitslae van die Suid-Afrikaanse Radioliga se JD Naelloop, gehou op 9 Augustus, is bekend gemaak. Die komitee het 14 logstate ontvang, waarvan agt vanaf die jong dames gekom het.

1ste Colette Rundle, ZS2CR, 172 punte
2de Talanne van Tonder, ZS6TVT, 136 punte
3de Kempton Park, KARTS, ZS6KTS, bedien deur Mary Harding, ZS6AKR, 121 punte
4de Pam Momberg, ZS6APT, 117 punte

Baie geluk Colette!

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga HF Gelykgolf Kompetisie is op die lug op Sondagmiddag 30 Augustus van 13:00 tot 16:30 UTC met aktiwiteit op 80, 40 en 20 meter. Die reëls is dieselfde as vir die HF Foon Kompetisie van 2 Augustus en die HF Digitale Kompetisie van 16 Augustus. Kry die reëls in die 2015 Blouboek.

** Jy kan skeds reël of vir raad vra van BHF amateurs via hul selfone. Daar is ‘n lys van ongeveer 120 BHF operateurs se selfoon-nommers wat geplaas is op die SARL Forum, waar jy kontak met baie radioamateurs landwyd kan maak. Die hoofdoel van hierdie lys is, om amateurs, veral beginners in staat te stel om skeds te reël of te vra vir raad van meer ervare BHF amateurs. Hierdie diens sal tot voordeel wees vir baie, insluitend diegene wat in afgeleë gebiede woon.

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 29 Augustus 2015 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Johan, ZS6JVV, op 082 558 5811.

** Mike, ZS2FM vra, "sal massiewe sonstorms ’n invloed hê op die elektronika op vliegtuie en sy passasiers?" Een van die grootste son geomagnetiese storms het plaasgevind op 1 en 2 September 1859. 'n Koronale massa-uitwerping (CME) is geproduseer wat auroras tot by die 25ste breedte graad, noord en suid bereik het; dit was so helder soos die volmaan. Dit het die telegrafiese netwerke in dele van die VSA en Europa beïnvloed en telegrafiste het skokke ervaar wanneer hulle aan hul morse sleutels geraak het.

Op 12 Maart 1989, het 'n ander CME die Aarde se magnetiese veld tref wat skouspelagtige auroras, insluitend elektriese strome in die grond geproduseer het en wat die Quebec kragnetwerk vir 12 uur beïnvloed het. Wat sal gebeur met vliegtuie en passasiers as 'n CME tipe 5 ons tref? Satelliete kan stilgemaak word, radio en elektroniese toerusting kan beskadig word en substasie transformators uitbrand. Gelukkig sal ons 'n vroeë waarskuwing van ongeveer 17 uur hê vir 'n hoë spoed CME en 'n paar dae vir die stadiger CMEs hê.

** In die voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Die groeiende sonvlek, AR2403, kan die bron van sonfakkels wees. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 57 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou vir die dagboek van gebeure

Vandag – stuur jou logstaat vir die SARL HF Digitale kompetisie na zs4bfn@gmail.com teen middernag
29 Augustus – Wesrand Snuffelmark begin om 12:00
30 Augustus - die Suid-Afrikaanse Radioliga HF gelykgolf kompetisie
5 September – 50-jaar van amateurradio fees van die Sasolburg ARK
6 September – sluitingsdatum vir die HF gelykgolf logstate
12 en 13 September – SARL Nasionale Velddag
19 September – Amateurradio in Aksie, Pretoria
19 en 20 September – die SARL BHF/UHF kompetisie

Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.

Die September 2015-uitgawe van Radio ZS sal beskikbaar wees vir aflaai van die Jeugliga se webwerf vanaf Maandag 24 Augustus. Hierdie 40-bladsy uitgawe van Radio ZS is gevul met interessante artikels.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die ‘news inbox’ skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/ EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003